Monday, 2 December 2013

Van watter boom eet jy?


Daar was 2 bome in die tuin van Eden.  Adam en Eva was vermaan om van die een nie te eet nie.  Net so in ons lewe is daar 2 bome waarvan ons moet kies om van te eet.  Van watter boom eet jy daagliks?

 
Gen 2:9: "boom van lewe in die midddel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.."

V17: "maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe."

As jy kyk na Gen 2:9 was daar 2 bome in die midel van die tuin - die boom van lewe EN die boom van kennis van goed en kwaad. Die Woord se uitdruklik in V17 hulle mag nie van die boom van kennis eet nie, dan sal hulle sterf. Baie mense wonder seker hoekom God dan hierdie boom in die tuin laat groei het as die mens nie daarvan mag eet nie?  Daar gaan baie menings hieroor wees, maar eendag sal ons waarlik weet.  Hierdie kennis is wysheid, maar dis nie wysheid van God af nie, dis kennis wat van die verkeerde bron af kom, van satan af.   Satan bied tot in vandag se tyd nogsteeds vir ons die vrug van hierdie boom aan, nie in die vorm van 'n appel nie, maar op wyses wat ons nie herken as n vrot appel nie, want hy bied dit vir ons aan op maniere wat baie mooi en lekker lyk.

As jy gaan kyk na hoe satan geval het uit die hemel - Jesaja 14 en Eseg 28 sê duidelik hy het baie kennis gehad, kennis het gelei tot rykdom en rykdom het weer op sy beurt gelei na hoogmoed, trots, ens.  Toe satan eers so vol hoogmoed was, wou hy God wees.  Hoogmoed maak dat jy jou eie god wil wees, satan het gedink hy het nie meer vir God nodig gehad nie.  Nee, hy wou God wees.  Hy wou aanbid word.  Hy wou nie die knie buig voor God nie, hy wou nie meer sy wil aan God oorlaat nie.   Hy het sy eie god geword en daarom was hy verban uit die hemel.  God haat hoogmoed, want Hy weet dit lei na eie aanbidding.   Net soos satan se val begin het by kennis en rykdom, weet hy baie goed om die mensdom met daardie selfde goed te verlei.  Satan probeer soveel moontlik van die mensdom aan sy kant kry dat hul nie vir God aanbid nie.  Daarom het hy presies DIT wat hom laat val het uit die hemel, vir Adam en Eva aangebied - kennis!  EN dit het vir Adam en Eva laat val.  En dit is nie waar satan opgehou het nie.  Hy bied dit nogsteeds elke dag aan die mensdom en elke dag val die mensdom…

Satan hou hierdie mooi rooi appel uit na die mens in die vorm van wêreldse wysheid, eie insig en rykdom en dit alles lei na hoogmoed, wat ook gaan lei na die persepsie dat jy nie vir God nodig het nie.  Dit gaan alles lei tot verwydering van God.  Soveel mense leer nie deur die foute wat Adam en Eva gemaak het nie en kies vandag nogsteeds om te eet van die verkeerde boom!!!

Daardie vrug kan hoe mooi en aanloklik lyk, maar as jy binne-in daardie vrug kyk, is dit vol wurms wat jou gaan opvreet van binne af. Dit gaan jou gees pikswart maak en God woon nie deur die HG in 'n mens met 'n swart gees nie.

Ons moet eet van die boom van die Lewe!!!  Dit gaan aan ons Goddelike wysheid en insig gee, ons het nie die wysheid van die wêreld nodig nie , want dit gaan ons al verder wegvat van God se heerlikheid en kennis. In die tyd wat die Here met my oor hierdie gepraat het, het Hy gesê:  "Kry jou wysheid by My, My kind, kry jou verstand van My af, My kind, dis eg, niks daarvan is vals nie, die woorde kom uit My mond en wat Ek sê, is die waarheid en geen leuen nie. As ons van God 'n brood vra, gaan Hy nie vir ons klip gee nie, as ons vir Hom wysheid vra, gaan Hy nie vir ons leuens gee nie."

 
Die volgende Skrifte het die Here in dieselfde tyd vir my gegee:

Spr. 3:13:  "Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;

Spr 2:6: "want die Here gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand

9 dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid - elke goeie pad.

10 Want wysheid sal in jou hart kom en kennis vir jou siel lieflik wees

11 oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak

12 om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek

Nog bevestiging uit die skrif:

Num 23:19: "God is geen man dat Hy sou lieg nie; of n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets se en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?"

Matt 7:9: "Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom n brood vra, aan hom n klip sal gee"

Spr. 3:5: "Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie."

V7,8: "Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad. 8 Dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente"

V18: "Dit is n LEWENSBOOM vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig"

Hierdie vers sê mooi ons het toegang tot die lewensboom, maar dis ons keuse om by daardie boom uit te kom. Dit is die boom van die Lewe, en dit is Jesus, ook die Woord!

Spr 15:4: "Sagtheid van tong is n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees."

Ps 141:4: "Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my VAN HULLE LEKKERNYE NIE EET NIE" - verkeerde boom

Die hoof idee in Spr 3 gaan daaroor dat ons nie op ons eie insigte moet staat maak nie, ons moet alle insig by God kry, en ons moet God vrees.  Wanneer ons God gehoorsaam en luister na Hom, DAN is ons by die lewensboom. Ons het toegang tot die lewensboom, ons mag eet van sy vrug, m.a.w ons moet gevoed word op alles wat God sê. Die keuse lê by ons van watter boom ons eet...

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment