Ps
80:8: "You brought a young vine
from Egypt, cleared out the brambles and briers and planted your very own
vineyard. You prepared the good earth,
you planted her roots deep; the vineyard filled the land…"
Heiligmaking...
Wanneer
jy jou hart vir die Here gee, jou lewe vir Hom gee, begin daar 'n proses binne
jou plaasvind (waarvan ons gewoonlik nie eers bewus is nie). Dit gebeur nie oornag nie, dit is God se tyd
om die grond van jou hart voor te berei.
Dit is heiligmaking. God wil sekere onverganklike sade in ons harte
plant, wat moet groei om 'n pragtige tuin met struike en mooi blomme te vorm,
met bome wat Goddelike vrug dra. Ons
almal dra vrug, maar watse vrug dra ons?
Is dit Goddelike vrug of vrot vrugte?
Want ons almal het bome wat groei in harte, maar watse bome is dit? Is dit bome met dorings wat ander seermaak,
soos die soetdoring? Ek sidder om te
dink aan mense wat as bome net slegte vrug dra, want in Matt 3:10 sê Jesus: "Die byl lê ook al teen die wortel van
die bome. Elke boom wat geen goeie
vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi."
Voordat
God die Goddelike onverganklike saad in jou hart se grond kan plant, moet jou
grond onkruidvry wees… As jou hart se
grond nog rotsagtig is, kan die saad nie wortel skied nie, so jy sal nooit
Goddelike vrug kan dra nie. As jou hart
deurtrek is met doring en onkruid, kan jy ook nie vrug dra nie, want al die
onkruid verstik die goeie saad wat val in die grond. Maar as jou hartgrond skoongemaak is deur
God, is jou grond diep skoon, en die goeie saad wat in jou hart plof, sal vrug
dra. Lees gerus Matt 13 oor die sade en
die grond.
"You are God's garden and vineyard and
field under cultivation"
Wanneer
jy jou lewe en hart aan God oorgee, en besluit om met Hom saam te werk, kom
skyn God Sy lig op die grond van jou hart en begin om al die groot lelike
giftige bome en struike uit jou hart uit te delf. Jesus sê in Matt 15:13: "Elke plant wat my hemesle Vader nie
geplant het nie, sal ontwortel word."
Baie kere is daar regtig groot bome wat gegroei het in ons hart en
hierdie bome lok parasiete, luise en onnodige voëls om te kom nesmaak. Hulle kom teer op hierdie groot bome en
misbruik die bome. Hierdie bome moet
uitgekap word tot voordeel van jouself.
Wanneer bome afgekap en verwyder word, gaan soek al die diertjies wat
gewoon het in die boom, ander heenkome.
En presies dit gebeur wanneer God die onnodige bome uit ons hartgrond
kom verwyder - baie van jou vriende en ander mense om jou word vervreem van jou
en gaan soek ander vriende. Sommiges is
'n verligting vir jou, maar oor ander is jy dalk hartseer, maar vertrou op God, want Hy weet wie in jou lewe moet
wees en wie nie. As daar mense is wat
jou misbruik en soos parasiete op jou teer, sal die Here die boom uit jou hart
en lewe verwyder en omdat die boom nie meer daar is nie, gaan die luise,
parasiete en ongewenste diere ook weggaan.
So dis God wat jou verlos van die slegte boom en dus ook van die
ongewenste gediertes. Wat fisies hier
gebeur, is dat wanneer ons met God saamwerk in hierdie proses, en ons heeltemal
oorgegee is aan God en bereid is om God te vertrou en Hom toe te laat om ons te
verander, word ons vernuwe deur God. Ons
begin die vleeslike natuur eenkant toe skuif en begin leef volgens ons
geestelike natuur. Die mense wat
gewoonlik naby aan ons was, gaan nie altyd van hierdie verandering van jou hou
nie en hulle gaan vanself begin wegbeweeg van jou af. Onthou, sonde is lekker vir die grootste
gedeelte van die mensdom. As God groot
sondes uit jou lewe gaan verwyder (sekere bome), gaan jy nie meer so lekker
voorkom vir die wêreld nie. Almal gaan
nie meer van jou hou nie - Joh 15:19:
"As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom
liefhê. Maar omdat julle nie van die
wêreld is nie , maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die
wêreld julle."
Wanneer
hierdie ongewenste bome en struike dan uitgekap is, begin God om die grond van
jou hart om te ploeg om die onkruid te verwoes.
Baie van die onkruid se wortels word nie die eerste keer verwoes nie, of
hulle saad het klaar versprei en dan skiet van die onkruid weer wortel. Hierdie onkruid wat weer groei, trek God een
vir een met SY hand uit totdat jou hart se grond mooi skoon is. Dit is wat heiligmaking is en dit is 'n
proses. En ons moet saamwerk! Hierdie is 'n saak tussen onsself en God waar
Hy ons samewerking nodig het. Hy het
nodig dat ons ons rug op die wêreld en al die begeerlikhede van die wêreld
draai. Ons moet voor God se voete gaan
sit en al ons foute, tekortkominge en sodes bely aan God. Dit is 'n baie belangrike stap - bely, bely,
bely!!! Ons moet nooit ophou om ons
sondes te bely aan God nie. Wanneer ons
dit doen, skyn God se lig op daardie ongewenste boom en kan Hy dit uit ons lewe
uitkap. En dan moet ons daardie sonde
teëstaan. Dit help nie God kom verwyder
daardie boom, maar ons neem net weer nuwe, verkeerde vrugte en saad in
nie. Dan gaan daardie slegte bome mos
net weer groei.
Daar is
verganklike saad en onverganklike saad.
Die verganklike saad kry ons in deur te voed op die vrugte van die
verkeerde boom - jy word gevoed deur die wêreld en al sy begeerlikhede, en jy
gee in voor die versoekings van die wêreld.
Die onverganklike saad kry ons by God, deur te voed op die vrugte van
die boom van die Lewe, dus op God se Woord.
Wanneer
ons grond skoon en reg is, gebeur die mooiste mooi! Wanneer God tevrede is met
die toestand van ons hartgrond, laat Hy Sy asem oor die grond van ons hart
uitgaan en dit gaan lê soos mis oor ons hart.
Dit is die salwing wat ons van God ontvang. Jesus kom leef nou binne-in ons harte en ons
raak een met God. Nou is ons hart se
grond vrugbaar en die onverganklike saad wat God in hierdie grond wil plant,
gaan groei in die lieflikste tuin.
Elkeen se hartetuin lyk anders, maar elkeen sal deur hierdie tuin nou
begin vrug dra vir God. Die Here wys
elke keer wat ons voed op die boom van die Lewe, dus Sy Woord inneem, plof
hierdie onverganklike saad wat binne-in die vrug is, met 'n plofgeluid in ons
hart se grond. Omdat ons hartgrond nou
vrugbaar is en ons lewende water by God kry, groei hierdie saad baie
vinnig.
Verskillende
skrifte uit die Woord groei tot verskillende bome, plante en blomme. Op 'n dag het die Here gewys: soos ons die Bybel oopmaak en inneem, groei
daar 'n boom uit elke bladsy uit. As ek
blaai na ander Skrif in die Bybel, groei daar weer 'n ander boom, plantjie of
blom weer uit daardie bladsy uit. Dit
was onbeskryflik mooi. En net so groei
die mooiste tuin in jou hart wanneer jy die onverganklike saad van die Woord
inneem.
Isaiah
58:11: "…You will become like a
watered garden and like a spring whose water does not stop flowing."
Wanneer
jou hartsgrond nou skoon is en jy neem die onverganklike saad van die Woord in,
word jy 'n nuwe mens. 1 Petr
1:23: "You have been born again,
not from a seed that can be destroyed, but through God's everlasting Word that
can't be destroyed." Onthou net, die Woord is kragtig en lewend (Hebr
4:12) en soos wat jy die Woord soos Manna eet, gee dit jou Lewe. En die regte bome begin groei in jou hart,
jy gaan begin Goddelike vrug dra. Maar wanneer jy voed op die boom van die
wêreld, gaan jy wees soos hierdie vers sê:
…their beauty is like a flower of the field, the grass dries up and the
flower drops off…" (1Petr1:24)
Hierdie persone se vrug gaan net tydelik wees. Die verganklike saad ontkiem in enige grond
en kan groei in 'n baie lelike boom wat ongoddelike vrug dra…
So gee
jou hele hart, elke aspek van jou lewe vir die Tuinier van jou hart. Maar jy moet bereid wees om saam te werk en
die verganklike wêreldse vrugte te los, sit jou hart in SY hande. Hy weet presies watse doringbome verwyder
moet word, Hy weet presies watse plante
giftig is vir jou. Jy moet Hom vertrou
met jou hele hart en lewe. Dan sy Hy SY
lig op jou hartgrond skyn en die lelike bome aan die lig bring wat uitgekap
moet word.
In die
volgende blog waarmee ek alreeds besig is, verduidelik ek hoe ons gewortel moet
wees in God se hart sodat ons die ware vrugte van God kan dra.
.png)
No comments:
Post a Comment