Monday, 2 December 2013

Droë boom


Is jy 'n boom gewortel in God se hart wat jou Lewende Water en Voedsel by God kry?  Of is jy soos hierdie droë boom wat voed op die wêreld se kos en water en wat ontwortel gaan word deur God?
 
Jes 29:13 These people worship me with their mouths and honor me with their lips. But their hearts are far from me, and their worship of me is based on rules made by humans. 14 That is why I am going to do something completely amazing for these people once again. The wisdom of their wise people will disappear. The intelligence of their intelligent people will be hidden.15 How horrible it will be for those who try to hide their plans from the Lord. Their deeds are done in the dark, and they say: No one can see us and: no one can recognize us.

Onder gebed, wys die Here vir my die volgende:  my ek ry deur 'n pad waar baie bome langs die pad staan. Dit word al hoe meer en meer bome. Totdat ek stop by 'n baie groot eikeboom wat in die middel van die pad staan, ek kan nie verby die boom ry nie, want die boom versper die hele pad. Ek klim uit en sien dan hoe hardloop paar dierjies soos eekhorings onder die boom rond. Hulle skarrel teen die boom op, maar die boom is heeltemal uitgedroog. Dadelik weet ek net dis gevaarlik dat hierdie boom so droog is, want God kan die boom tref met weerlig en dan kan al die diertjies in die boom ook seerkry en verbrand.

Ek kyk op in die boom en wag dat HG my moet verduidelik oor hierdie verdroogde boom. Daar is nie een groen blaar in die boom nie, dus het hierdie boom nie lewe nie, hy het verdroog. Die boom moes goed gewortel gewees het, want dit het tog goed gegroei tot so 'n groot boom. Maar hoekom is hierdie boom dan nou droog en besig om dood te gaan?

God is streng en Hy sê dat mense Hom nie eerste stel in hulle lewens nie. Hulle loop hulle eie paadjies. God kom nie eerste in hulle lewe nie, daarom droog hulle uit. Die Here gee vir my Eseg 17 om te gaan lees:

Ek snak skoon na my asem toe ek die opskrif sien by Eseg 17 in my engelse Bybel:

"JUDAH IS COMPARED TO A TREE"

Eseg 17:24: "En al die bome van die veld sal weet dat Ek , die Here, die hoë boom verneder, die nederige boom verhoog het; die GROEN BOOM LAAT VERDROOG HET en die droë boom laat bloei het. Ek, die Here, het dit gespreek en gedoen." 

Daar is die gedroogde boom wat God my gewys het sonder twyfel.

Ps 37:35: I have seen a wicked person acting like a tyrant, spreading himself out like a large cedar tree. But he moved on, and now here is no trace of him. I searched for him, but he could not be found. Notice the innocent person, and look at the decent person, because the peacemaker has a future. But the rebels will be completely destroyed. The future of wicked people willl be cut off.

Die volgende oggend praat die Here weer met my oor die boom.  Hy se ons moet mooi onderskei tussen 2 brandende bome en Hy wys my die volgende:

Ek sien n gesonde boom - hy is nie so groot soos die droë eikeboom nie, maar baie gesond - die blare is mooi groen en die bas is 'n mooi diep donker kleur. Dan ontstaan daar 'n vuur tussen die boom se blare, die hele boonste deel van die boom is aan die brand. Ek hoor hoe knetters en knars die vuur in die boom. Wat eienaardig is aan hierdie vuur in die boom, is dat die vuur glad nie rook afgee nie en dis ook nie asof die blare uitbrand nie. En skielik besef ek dit moes wees soos die brandende bos waardeur God met Moses gepraat en gesê het: "EK IS WAT EK IS" God is almagtig, God is heilig, God is alwetend en God sien dwarsdeur ons, God sien deur ons motiewe hoekom ons Hom aanbid. God wil hê ons moet Hom aanbid vir wie Hy is, omdat HY IS WAT HY IS! God wil hê ons moet Hom aanbid nie vir gunsies en gawes nie, maar uit eerbied en respek vir wie Hy is, want HY IS! Hy is Yahweh, Elihohim, M'Kadesh. Hy is God oor die leërskare, God oor ALLES! HY IS!

Dan wys die Here vir my die droë boom, die blare is droog, daar is nie vrugte aan die boom nie en skielik slaan die hele boom eensklaps aan die brand. Die blare brand uit, die boombas en takke brand uit, die Here wys selfs hoe die wortels uitbrand. Totdat daar niks van hierdie boom oor is nie. Die brandende boom maak vreeslike baie rook, swart rook wat opdwarrel die lug in.

Matt. 7:19: "Elke boom want nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegeooi. 21  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here, sal ingaan in die koninkrk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22 Baie sal in daardie dag vir my sê: Here, het ons nie in U Naaam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgdrwywe en in U Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk.

Daar is 'n baie groot verskil tussen hierdie 2 bome en daar is ook 'n groot verskil tussen die vure wat brand in die bome. Die boom waarin God brand, is 'n gesonde boom. Hierdie boom kry elke dag sy Lewende Water wat deur sy are bruis tot binne-in elke blaartjie. Die Lewende Water voed hierdie boom, hierdie boom het nie water uit die wêreld nodig om gesond te wees nie, daar is net Een Fontein of wateraar wat hierdie boom voed. Dit laat my dink aan 'n paar oggende terug wat God my 'n groot kloppende hart gewys het op die seesand. En om die kloppende hart staan 'n paar bome. Die bome se wortels is nie in die grond geanker nie, maar die wortels is direk gekoppel aan hierdie kloppend hart se pype en are wat uit die hart uitkom. Die kloppende hart is God se hart en ons moet gewortel wees in God se hart - Efes 3:17: "..sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, JULLE WAT IN DIE LIEFDE GEWORTEL EN GEGROND IS" Dus is hierdie gesonde boom gewortel in God en die Lewende Water wat hierdie boom van die hart van God ontvang, is Liefde. Omdat hierdie boom in die regte verhouding met God staan, kan God se stem gehoor word deur die boom, sonder dat die boom skade lei - dit is die vuur wat gebrand het in die boom.

Die droë boom, daarenteen, is droog a.g.v 'n tekort aan die regte water. Hy kry dalk water uit die wêreld uit, maar die wêreld se water gaan jou laat kwyn en verdroog, die boom het Lewende Water nodig. Die droë boom het vinnig gegroei en baie blare gekry, dit is wat die wêreld se water aan jou doen. Dit laat jou vinnig in jouself groei sodat jy dalk goed voel oor jouself, maar baie blare aan 'n boom, is dooie werke. Die baie blare kan wurms en allerhande plae lok na die boom - hierdie baie blare (dooie werke) is die ideale broeiplek vir vernietigende insekte, luise, wurms en giftige goggas. Hierdie plae en luise in die boom suig al die sap uit die boom en laat die boom verdroog om op die ou end dood te gaan.

Matt 21:19: "en Hy sien 'n vyeboom langs die pad en gaan daarnatoe; maar Hy het niks daaaraan gevind nie as net blare alleen; en Hy sê vir hom: Laat daar uit jou tot in ewigheid nooit weer n vrug kom nie. En onmiddellik het die vyeboom verdroog."

Joh 15:6: "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand."

Dus, as ons nie gewortel is in God se hart nie, gaan ons uitgewerp word om 'n verdroogde boom te word. En droë bome word aan die brand gesteek. Wanneer iemand nie in God gewortel is nie, raadpleeg hy God ook nie oor alledaagse besluite nie, maar volg sy eie kop:

Jes 65:2: "Ek het My hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan".

Baie mense maak soos Jes 29 sê: hulle eer God net met hulle mond en lippe, maar hulle harte is ver van God af. Dus is hulle nie gewortel in God se hart nie, hulle kry nie Lewende Water nie, hulle raak n droë boom. Hulle mislei die wêreld baie maklik, want almal sien die baie blare en hulle kom dan so heilig voor, maar die blare wat hulle sien, is eintlik alles dooie werke. Want ons kan soveel mooi dinge probeer doen, maar as ons nie in die regte verhouding met God staan en God nie eer en respekteer vir wie Hy is nie, kry ons nie die Lewende Water van God af nie en gaan ons 'n vrugtelose, droë boom word met baie blare wat op die ou end 'n bol vuur gaan wees.

Jes 65: Bly daar! Kom nie naby my nie, want ek is heilig vir jou. HIERDIE MENSE IS ROOK IN MY NEUS, N VUUR WAT DIE HELE DAG BRAND!!!. Hierdie skynheiligheid is 'n gruwel vir God.

God is 'n God van liefde, maar God is ook 'n God wat Hom nie laat mislei nie. Daar is baie verleiding in die wêreld aan die gang en hulle toets God se geduld. Al die skrif wat ek hier neeskryf, het ek nie gesoek of per toeval gelees nie. Dit is alles skrif wat die HG my kom gee het in hierdie tyd. Dit wys net vir my hoe belangrik hierdie saak vir God is, dat Hy aanhoudend nuwe skrif kom gee oor hierdie saak.

Isaih 5:18,19: "How horrible it will be for those who string people along with lies and empty promises, whose lives are sinful. 19 They say: Let God hurry and quickly do his work so that we may see what he has in mind. Let the plan of the Holy One of Israel happen quicly so that we may understand what he is doing.

Jes 5:19: "wat sê: "Laat Hy gou maak, laat Hy sy werk verhaas, dat ons dit kan sien. En laat die raad van die Heilige van Israel naby wees en kom dat ons dit kan ken." Hulle soek die raad van die Here, maar hul harte is nie opreg nie, êrens is iets duister. Want hulle is haastig om te hoor wat die Here sê, maar skarrel dan vinnig weg na hulle eie weë toe.

Jes 48:1 ...You take oaths by the name of the Lord. You acknowledge the God of Israel, BUT YOU ARE NOT HONEST OR SINCERE.  17 I am the Lord your God. I teach you what is best for you. I lead you where you should go. 18 If only you had listened to my commands. Your peace would be like a river that never runs dry. Your righteousness would be like waves on the sea.

Daar is dus net een manier volgens Kol 2:7: "Let your roots grow down into Him, and let your lives be built on Him. Then our faith will grow strong in the truth you were taught, and you will overflow with thankfulness.

 

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment