Jer
17:7,8: "Geseënd is die man wat op
die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos 'n boom wat by die
water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hite
kom nie, maar sy blad bly groen; en in
'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra
nie."
Efes
3:17: "sodat Christus deur die
geloof in julle harte kan woon, julle WAT IN DIE LIEFDE GEWORTEL EN GEGROND IS.
Ons
moet wees soos 'n boom wat gewortel is in God.
Ons moet wortel diep uitsteek in God in.
Ons moet lewe op die Lewende Water wat ons net by God alleen kry. Onder gebed het die Here gesê: Die Woord is die substrata en Hy is die
"Strata". Ek het nie mooi
verstaan nie en het op die internet gaan kyk wat beteken die woorde substrata
en strata. Ek het toe gesien die
substrata is die grond waarin wortels ingroei, maar die "strata" is
die rots onder die grond. En toe maak
dit so sin, want God is die Rots waaruit die Lewe Water kom. Ons wortels moet nie gegrond wees net in die
grond nie, maar in die Rots waaruit ons die Lewende Water gaan ontvang. As jy die Lewende Water van die Rots af
ontvang, ontvang jy liefde en alles wat goed en mooi is wat direk van God af
kom. Die beste Liefde vloei vanuit God
se hart deur ons wortels in ons as boom in en dan eers kan ons begin groei, bot
en vrug dra deur God.
Tim
1:5: "...be filled with love that comes from a pure heart, a clear
conscience, and from genuine faith."
Daar
is niks so goed soos God se liefde nie. Daar is niks wat genees soos God se
liefde nie. Daar is niks wat laat groei soos God se liefde nie. En ek eer God
vir Sy liefde, daar is net absoluut niks en niemand so groot en vol liefde soos
God nie, want God is Liefde.
"All honor and glory to God forever and
ever. He is the eternal King, the unseen one who never dies; He alone is God.
Amen" - 1 Tim 1:17
As
ons so vol word van God se liefde, begin Hy leef binne ons, ons hart begin klop
deur God se liefde, dit maak dit ons skoon van binne af, want God se liefde is
n krag wat jy nêrens anders gaan kry nie. As jou wortels gekoppel is aan God se
hart, ontvang jy daagliks God se liefde, en jy gaan begin verander van binne
af. Jou ou natuur gaan begin afsterf en
jy gaan die beeld van Jesus begin aanneem.
Ons word deur God se liefde vernuwe om tot eer van God te leef. Dan leef
ons nie meer vir onsself nie, maar net tot eer van God.
Col
2:7: "Let your roots grow down into Him, and let your lives be built on
Him. Then your faith will grow strong in the truth you were taught, and you
will overflow with thankfulness.
Ek
bid dat elkeen wat hierdie gedeelte lees, sal besef hoe belangrik dit is dat
ons diep gewortel moet wees in God, om te besef hoe afhanklik ons van God se
liefde is, dat ons niks uit ons eie kan doen nie, maar alles net deur God moet
doen.
We
ask God to give you complete knowledge of His will and to give you spiritual
wisdom and understanding. Then the way you live will always honor and please
the Lord, and your lives will produce every kind of good fruit. All the while,
you will grow as you learn to know God better and better. (Col 1:9,10)
.jpg)
No comments:
Post a Comment