Die Here
wys in die Gees weer my 'n boom en verduidelik weer: die boonste laag grond word eers deur die
Tuinier van ons hart skoongemaak en geheilig. (Blog: Tuinier van my hart)
Wanneer God se asem, Sy salwing, oor die grond gegaan het, plant Hy 'n saadjie
in ons hart. Dit begin wortelskiet en
die eerste worteltjies groei deur die boonste lagie grond. Die laag grond onder die boonste laag is die
substrata wat die Woord is. Die
worteltjies begin groei in die substrata in, in die Woord in en hoe meer dit
die Woord ontdek, hoe meer soek die worteltjies nog van hierdie Woord en hoe
vinninger begin die worteltjies groei wanneer hulle die Woord vind. Dit raak rêrig 'n netwerk worteltjies soos
dit in die Woord in groei.
1 Petr
2:1-5: "Lê dan alle boosheid en
alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery; (2) en verlang
sterk soos pasgbore kindertjies na die onversvalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei
(strek uit jou wortels in die substrata wat die Woord is, sodat jy as boom kan
begin opgroei)
Die Here
sê wat nou hier gebeur is dat die worteltjies vir God leer ken en Hom begin
ontdek in die Woord, en wanneer jy Hom begin ontdek, gaan jy besef daar is meer
van Hom en jy gaan nog meer en meer en meer begin soek na Hom. Wanneer dit gebeur, ontstaan daar 'n baie
sterk penwortel wat nog dieper begin soek vir God. Hierdie wortel se naam is
"GELOOF". Want sonder dat jy
op hierdie stadium vir God sien of hoor of beleef, WEET jy net Hy is daar! Jy WEET Hy bestaan! En daarom soek jy Hom met alles in jou. Wanneer jy Hom so soek, groei daardie
penwortel baie diep totdat dit die "Strata", die Rots bereik. Wanneer jou penwortel die Rots bereik, dring
dit binne-in die Rots in en jy begin Lewende Water van God ontvang. Hierdie Lewende Water uit die Rots, is die
bloed van Jesus Christus, maar ook die Liefde van God. Wanneer jy dit begin opneem, gaan dit jou 'n
nuwe skepsel maak, dit gaan jou 'n nuwe Lewe gee. Die boom gaan uit jou hart begin groei en
groen blaartjies kry, dis die nuwe Lewe!!!
Jy gaan nie meer lewe uit jouself nie, maar uit God. Jy gaan God se wonders in jou lewe begin
beleef en jy gaan regtig begin leef na die Woord van God. Jy kry hierdie nuwe Lewe alleenlik deur in
die Rots, in God, gevestig te wees en die Lewende Water, die Bloed van Jesus,
die Liefde van God te ontvang deur die Rots.
Interessant - God bestaan uit 3 eenhede.
Dit wat ons uit die Rots ontvang bestaan ook 3 eenhede, maar tog is dit een.. Dis die Lewende Water, wat ook die bloed van
Jesus is, maar wat ook die Liefde van God is.
AMAZING!!!
Hebreërs
11 is 'n pragtige stuk oor al die mense van ouds wat soveel geloof in God gehad
het, en daarom het die beloftes van God waar geword in hull lewens: V1:
"Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n
bewys van die dinge wat ons nie sien nie."
Geloof is om waarlik te glo in God en in Sy wonderwerkende krag sonder
om dit met die blote oog te kan sien.
Die Engelse Bybel sê dit so:
"Whoever goes to God must believe that God exists and that He
rewards those who seek Him." 33: "Through faith they conquered kingdoms,
did what God approved, and received what God had promised."
Die Here gee Ps 78 om gaan lees…
Ps 78
gaan oor die baie wonders wat God verrig het vir die Israeliete. Moses het aan hulle die bevel gegee om
hierdie wonderwerke weer oor te vertel
aan hulle kinders sodat die nageslag moet weet van al die wonders wat God vir
hulle gedoen het. Maar hulle was 'n
wederstrewige geslag, hulle was ondankbaar, hulle het gemurmureer oor alles en
het geweier om God se hand te sien in hul omstandighede. Hulle wou eerder nog meer hê, hulle het God
getoets… Ten spyte van al die wonders
wat God vir hulle gedoen het, het hulle Hom nogsteeds nie vertrou nie, hulle
het geen geloof in God gehad nie, al het God Homself oor en oor deur
wonderwerke aan hulle bewys… Kan jy dink
hoe hartseer moes God wees…
So baie
van die wonders van God is opgeteken in die Woord sodat ons dit moet lees en
moet besef ons het hier te doen met 'n Lewende Wonderwerkende God. Hy WIL wonders doen in elkeen se lewe, maar
God wil hê ons moet Hom vertrou, ons moet geloof hê in Hom. Geloof in God stel God se wonderwerkende krag
vry in ons. Behalwe dat God wonders in
ons eie lewe laat gebeur, wil Hy ook deur elkeen van ons werk om ander te
bereik. Wanneer jy God se wonders in jou lewe begin raaksien, skryf dit op
sodat jou nageslag dit kan lees en daaruit kan leer dat hulle weer ook hierdie
wonderlike God kan aanbid. Deutr 6:7 sê: "Jy moet dit jou kinders inskerp en
daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as
jy opstaan." Ons moet ons kinders
grootmaak met die wete van die wonderbaarlike God. Die beste plek om te leer van ons wonderlike
God is tog uit die Woord. Die Woord is
propvol van Sy wonderdade. Wanneer ons
ons wortels begin uitsteek na die "substrata", die Woord, begin ons leer van die God van wonders. As jy dit glo wat in die Woord van God staan,
gaan jy ook begin besef dieselfde God wat soveel wonders in Moses se tyd gedoen
het, is vandag se God ook. Hy verander
nie. Hy WIL nogsteeds in ons lewens
wonders doen. Maar sien ons dit
raak? Is ons nie ook maar wederstrewig
soos die ou Israeliete nie? Ondankbaar?
Soek eerder meer? Want dan gaan ons nie God raaksien in ons lewens nie.
Baie keer
wil ons hê God moet ons omstandighede vir ons verander, maar dis nie eintlik
wat ons nodig het nie. God moet ons
harte verander, dis wat moet verander.
En soveel mense wil nie veranderd wees nie. Hulle wil hulle omstandighede beter hê, maar
weier om saam te werk dat God hulle harte verander. God wil eers ons harte skoonkry sodat Hy Sy
saad in ons kan plant sodat ons wortels kan begin groei en ons Hom kan begin
soek, sodat ons geloof in Hom moet begin kry.
Wanneer ons 'n penwortel ontwikkel wat in die Rots in groei, dan gaan jy
eers in geloof 'n nuwe lewe kan begin leef en dan sal al God se beloftes oor
jou waar word. Dan sal God jou
omstandighede begin verander volgens SY WIL en nie ons eie nie.
As jy wil
hê God moet jou verander, moet jy onthou dat God 'n smelkroes benodig om ons te
verander. Hy waai nie 'n staffie oor ons
om ons of ons omstandighede te verander nie.
Om ons te verander, gaan ons deur God se smeltkroes moet gaan wat dalk
baie seer gaan wees, dalk baie slegter omstandighede… Soos die Israeliete deur die woestyn moes
trek om hul beloofde land te ontvang, laat die Here elkeen van ons ook deur ons
woestyn stap voordat ons ons beloofde land kry. Die vraag is: hoe gaan jy dit hanteer? Gaan jy murmureer oor alles? Gaan jy weier om die goed daarin raak te
sien? Gaan jy ondankbaar wees en eerder
vra na meer? Dis hier in jou woestyn
waar God Sy wonders vir jou gaan begin doen.
Kies net om dit raak te sien, en Hom te vertrou met alles.
Iemand
wat nie glo in God en Hom nie vertrou nie, groei nie 'n wortelstelsel of 'n
penwortel na die Rots nie. Hierdie
persoon gaan nie die Lewende Water uit die Rots ontvang nie, en hy gaan
ongelukkig ook nie God se seëninge proe
nie. Ons moet eers vir God SOEK met
alles in ons. Ons moenie NET wonders van
God af soek sodat dit met ons kan beter gaan nie. Nee, ons moet GLO in God sonder dat ons enige
wondertekens beleef in ons lewe. Dit
moenie gaan oor die wonders wat God in ons lewe kan verrig nie, of dat God ons
omstandighede moet verbeter nie. Dit
moet gaan oor God in ons lewens. Ons
moet Hom liefkry met ons hele hart, ons hele siel, ons hele verstand. Ons moet induik in daardie skatkis vol harte,
vir God vra om ons vol van Sy Liefde te maak, want dan eers kan ons ander ook
begin liefhê. En soos Jesus in Matt
sê: "SOEK EERS DIE KONINKRYK VAN
GOD…." Jou penwortel moet eers
groei op soek na God. Jy moet eers die
Rots ontdek, die "Strata" onder die "Substrata". Menslik gesproke is dit seker onmoontlik dat
'n wortel binne-in 'n rots kan ingroei, maar met God is niks onmoontlik
nie. Hy stel ons penwortel in staat om
deur die wand van die Rots te groei sodat ons die Lewende Water daar binne kan
ontvang. Dan het ons vir God
gevind. Dan het ons die Koninkryk van
God gevind en dan eers sal al die res ons ook toegevoeg word. Dan sal jy volgens Deutr 32:13 die heuning
uit die rots suig en die olie uit die klipharde rots.
Hebr
3:7-10: "If you hear God speak
today, don’t be stubborn. Don't be
stubborn like those who rebeled and tested me in the desert. That is where your ancestors tested me,
although they had seen what I had done for 40 years. …(11)
So I angrily took a solemn oath that they would never enter my place of
rest. (12) Be careful, brothers and sisters, that none
of you ever develop a wicked, unbelieving heart that turns away from the living
God. … (18) Who did God swear would
never enter His place of rest? He was
talking about those who didn't obey Him.
So we see that they coudn't enter His place of rest BECAUSE THEY DIDN'T
BELIEVE."
Sien hoe belangrik dit is dat ons eerstens glo in God! Hom begin soek in die Woord! En wanneer jy besef Hy leef, sal jy alles begin glo wat Hy sê. Baie mense vra, maar hoe weet ek wat sê God? Daarvoor het ons die Woord. Die Woord is vol van God se beloftes aan SY kinders wat in Hom glo. ‘n Groot man uit die ou dae waarby ons ook baie kan leer oor geloof, is Abraham. Rom 4 handel ook oor die geloof wat Abraham in God gehad het en omdat Abraham waarlik in God geglo het, is dit hom tot geregtigheid gereken. (v3) Die belofte wat Abraham van God ontvang het dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham nie ontvang deur goeie werke nie, maar omdat hy geloof gehad het in God, hy het elke woord van God geglo en dit is hom tot geregtigheid gereken.
Ons kan elke dag vir die Here vra om ons te help met geloof. As ons Hom vra uit ‘n rein hart, sal Hy dit aan ons gee. Alles is moontlik met God. Vra Hom om jou te help om daardie penwortelstelsel te groei in Hom, in die Rots in.
Ons kan elke dag vir die Here vra om ons te help met geloof. As ons Hom vra uit ‘n rein hart, sal Hy dit aan ons gee. Alles is moontlik met God. Vra Hom om jou te help om daardie penwortelstelsel te groei in Hom, in die Rots in.
.png)
No comments:
Post a Comment