Hierdie
gedeelte het die Here vir my 'n hele tyd terug kom leer oor my eie lewe en ek
deel dit graag met almal, want ons almal maak hierdie fout. Ons gee ons harte vir die Here, maar nie
voluit nie. Eintlik woon ons dan
nogsteeds in ons eie hart en nie in God se hart nie. Ons gaan probeer God se vrugte dra, maar ons
gaan fustreerd raak, want ons kry dit nie reg nie. En toe het die Here my kom leer hoekom:
Tydens
gebed in die Gees, staan ek op die strand.
Ek wil net graag weer verduidelik:
as ek sê ek is in die Gees by Jesus, kan ek Hom baie duidelik voel en
hoor, nie altyd duidelik sien nie. As ek
in die Gees hierdie wonderlike ondervindinge het, is dit nie fisies soos ons
fisies sien nie, dit is baie op emosies ingestel. Jou oog sien nie in die Gees soos in die
fisiese nie, maar jou gevoel en emosies is BAIE sterker as in fisiese lewe.
Ek
beleef dat dat ek langs Jesus op die strand staan en Hy trek met Sy vinger n
groot hart om ons op die plek waar ons staan. Jesus se so moet ons altyd baie
naby aan Hom bly - BINNE-IN Sy hart. Ons moenie uit hierdie hart uitbeweeg nie.
En dan skryf Jesus met sy vinger weer op die sand, maar hierdie keer binne-in
die hart waar ons staan. En die volgende woorde skryf Hy onder mekaar aan die
regterkant van die hart met Sy vinger:
" Liefde, Vrede, Geloof, Vreugde, Sagmoedigheid". Net hierdie 5 skryf Hy eers onder mekaar. En
Hy sê die belangrikste is Liefde! Hy wys my daarop dat ons binne-in die hart
staan en die hart staan ook vir Liefde! God is Liefde! So as ons IN Liefde
staan teenoor Jesus, sal ons die dinge wat Jesus binne-in die hart geskryf het,
ontvang en uitleef. As ons nie binne-in die hart saam met Jesus staan nie, gaan
ons nie daardie eienskappe kan ontwikkel en uitleef nie.
Jesus
se hart klop vir elkeen van ons en Hy sê: "Ken die ritme van My hart vir
jou, ken My hartklop - dis vir jou".
Elkeen van ons moet God se harklop vir onsself ken en verstaan, ons moet
weet wat God se ritme van Sy hart vir elkeen individueel is, want God se hart
klop vir elkeen 'n ander ritme. Om God
se ritme van Sy hart vir JOU te hoor, moet jy in Sy arms wees, anders gaan jy
nie Sy hartklop vir jou hoor nie, jy gaan nie hoor wat God se plan vir jou is
nie.
God
is Liefde! Ons moet moet binne-in God bly, dan bly ons binne-in die Liefde,
binne-in die hart! En eers as ons binne-in Liefde bly, kan die Goddelike
eienskappe of vrugte wat Jesus binne-in die hart geskryf het, begin ontwikkel
in ons, maar die "voorwaarde" is dat ons IN Liefde, IN God moet bly!
Die Here gee vir my 1 Joh 4 om te gaan lees.
Die
hele gedeelte vanaf v 7-21 gaan oor Liefde. Dat God ons so lief gehad het dat
Hy Sy Seun vir ons gegee het. Dit is hoe God Sy liefde aan ons openbaar het. En
daarom moet ons ook in liefde teenoor mekaar leef, want dan leef ons in God en
God in ons. Die eienskappe wat Jesus binne-in die hart geskryf het, moet ons
teenoor ons naastes uitleef. As ons dit kan doen, het God se liefde in ons
volmaak geword.
V16:
GOD IS LIEFDE; EN HY WAT IN DIE LIEFDE BLY, BLY IN GOD, EN GOD IN HOM!!!
Ek
dink aan die liedjie: "God is Liefde": "Nou kan ons uit God
gebore, uit die bron van Liefde leef"
Dit is presies wat Jesus ons hier probeer leer, ons moet leef uit die
Bron van Liefde!
Dieselfde
tyd wat Jesus my leer om binne-in SY hart te staan, sien ek in die Gees so
entjie van ons af nog iemand wat in n hart staan, maar hierdie persoon staan
saam met satan in n hart. Die hart lyk so anders as hierdie hart wat Jesus met
Sy vinger getrek het. Daardie hart is nie op die sand getrek nie, maar
uitgegrawe in die sand, eers nie baie diep nie. Daar is kettings ook - die
persoon is vasgeketting binne-in satan se hart. Satan hou hierdie persoon so
besig met allerhande wêreldse goed dat die persoon nie eers agterkom dat satan
die gat al hoe dieper en dieper om hom grawe nie. Dit lyk so maklik vir satan
om hierdie gat vinnig dieper te maak sonder dat die persoon dit agterkom, want
hy is te besig. Dit is vir hierdie arme
mens so lekker om rykdom bymekaar te maak en die dinge van die wêreld so te
geniet, dat hy nie agterkom wat besig is om om hom te gebeur nie. En voor hy hom kan kry, is hierdie gat so
diep dat die seesand van bo af intuimel op die persoon. Die persoon versmoor
dan in die sand.
Hoe
gevaarlik is dit net nie om te staan in die wêreld se sand nie…
Joh
15:9: "Soos die Vader My liefgehad
het, het Ek julle ook liefgehad. BLY IN
HIERDIE LIEFDE VANMY!!!"

No comments:
Post a Comment