Wednesday, 8 January 2014

Opsomming: boom gewortel in God se hart


Efes 3:17:  "I pray that love may be the ground into which you sink your roots and on which you have your foundation"

As jy die vorige blogs lees wat handel oor die boom wat gewortel moet wees in God se hart,  behoort elke stukkie soos 'n legkaart inmekaar te begin pas.  Eerstens moet ons sorg dat ons in God se hart kom staan (Leef in God hart), waar God sê Sy Liefde is baie belangrik.  Wanner ons in God se hart staan, neem God ons hart oor;  ons gee ons hart aan God om te verander.  Ons hartsgrond raak dan God se grond, Hy neem ons harte en die grond van ons hart oor.  Nou kan die (blog) "Tuinier van ons hart"  begin met die heiligmakingsproses binne-in ons harte sodat al die onkruid en verkeerde bome uit ons harte verwyder kan word.  Hy reinig die grond van ons hart sodat Hy die onverganklike saad van die Woord in ons hart kan plant.  Dit gaan 'n boom uit ons hart laat groei wat gewortel gaan wees in God se hart (blog God gewortelde boom).  In "Leef in God se hart" het God gesê die belangrikste is Liefde - dis is omdat wanneer ons gewortel raak in God,  ontvang ons die liefde van God wat ons in staat gaan stel om vrug te dra vir God.  Sonder die God se Liefde is dit vir ons onmoontlik om Goddelike vrug te dra. 

Voordat ons die proses van heiligmaking ondergaan ("Tuinier van my hart"), is dit vir ons onmoontlik om Goddelike vrug te dra.  Dit is onmoontlik vir enigiemand om Godddelike vrug te dra as God, die Tuinier, nie jou hart kom skoonmaak het nie.  Dis alleenlik deur 'n geheiligde hart dat jy 'n boom vir God word wat Goddelike vrug kan dra.

Of kom ek stel dit so:  voor heiligmaking is dit wel moontlik om vrug te dra, maar dit is onnatuurlike vrugte.  Dit is vrugte wat jy uit jou eie dra, omdat jy in jou hart staan (blog:  Lewe in God se hart), jy is in die wêreld se vlak, oppervlakkige grond gewortel, dit is grond vol onkruid, en  'n boom wat gewortel is in vlak grond, gaan geen vrug dra nie, of die vrugte gaan nie goed wees nie, hulle is van korte duur.  Dit is omdat dit nie vrug is wat van God af kom nie, omdat die boom nie in God gewortel is nie.  Jy dra nie hierdie vrug op 'n natuurlike manier nie, maar 'n baie onnatuurlike manier wat nie volhoubaar is nie.  Hierdie vrugte is nie jou ware kleure nie, maar 'n masker wat jy opsit om ander mense te beïndruk.  God sien nie eers hierdie vrugte van jou raak nie, want Hy herken Sy vrugte - Hy weet hoe Sy ware vrugte lyk, ruik, proe en optree.   Jy gaan miskien ander mense kan flous vir 'n rukkie met hierdie nagemaakte vrugte wat gekweek word in vlak grond, maar dit is van korte duur.  Hoe tree jy op teenoor jou kinders?  Teenoor jou man?  Teenoor diegene wat saam met jou in 'n huis woon?  Dit is die ware vrugte!  Nie hoe jy teenoor ander mense vir 'n rukkie optree en 'n front voorhou nie.  Is jy vriendelik, sagmoedig, geduldig, liefdevol teenoor jou man en jou kinders?  Of ken hulle jou iemand wat hom/haarself vinnig opruk oor kleinigheidjies, wat ongeduldig raak en lelik praat met die kinders?  As dit die geval is dat jy nie mooi werk met jou geliefdes nie, het jy nie liefde in jou hart nie, m.a.w as jy nie liefde in jou hart het nie, is Jesus se liefde ook nie in jou hart nie, wat bevestig dat jou boom se wortels nie gegrond is in God se hart nie.  Want elkeen wie se wortels gegrond is in God se hart, ontvang direk God se liefde.  Jy begin leef op God se liefde en die liefde verander jou van binne sodat jy God se vrugte kan begin dra.  En waneer dit gebeur, sal jy die mense om jou met liefde kan hanteer sonder enige moeite.  Jy kan so hard as moontlik probeer om liefdevol, sagmoedig, geduldig ens te wees met jou huismense, maar as jou hartsgrond nie suiwer is en jou lewe nie in God se hart gewortel is nie, gaan jy nie God se vrugte dra nie, jy gaan dit nie uit jou eie regkry om uit liefde te leef nie.  

1 Joh 4:  "(7)  Geliefdes, laat ons mekaar liefhê, want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.  (8)  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.  (9)  Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld getuur het, sdat ons deur Hom kan lewe.  (11)  Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.  (12)  Niemand het God ooit aanskou nie  As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy lifde in ons volmaak geword.  (16)  God is liefde ;  en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.  (20)  As iemand sê: Ek het God lief - en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar;  want wie sy boreder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê  wat hy nie gesien het nie?  (21)  En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê."  

As jou hartsgrond nog nie deur God bewerk is nie, is dit nog jou eie grond of die grond van die wêreld.  Dit is baie onvrugbare, oppervlakkige en vlak grond met baie klippe en onkruid.  Maar wanneer jy jou hart se grond oorgegee het aan God, kom maak Hy dit eers skoon en wanneer SY asem, Sy salwing, oor die grond uitgegaan het, dan is dit wanneer Jesus in jou hart kom woon.  As jy die vorige blogs gelees het oor die Manna, sal jy verstaan dat dit baie belangrik is dat Jesus binne-in ons moet kom woon.  So as Jesus BINNE jou is en jy in Hom, is julle een.  Dan is jou hart se grond nie meer joune nie, maar God s'n.  Dan behoort die grond van jou hart aan God wat liefde is.  Dan kan jy begin leef IN liefde en jy kan jou wortels IN God, in Liefde, instoot en groei in die mooiste boom of tuin.

Isaiah 58:11:  "…You will become like a watered garden and like a spring whose water does not stop flowing."

Hos 14 som dit baie mooi op:  (1) Israel, return to the Lord your God.  You have stumbled because of your sins.  (2)  Return to the Lord, and say these things to Him:  Forgive all your sins, and kindly receive us.  Then we'll praise You with our lips." Bely, bely, bely….dan sal die Here:
4  The Lord says, "I will cure them of their unfaithfulness.  I will love them freely.  I will no longer be angry with them.  (5) I will be like dew to the people of Israel.  They will blossom like flowers.  They will be firmly rooted like cedars from Lebanon.  (6)  They will be like growing branches.  They will be beautiful like olive trees.  They will be fragrant like cedars from Lebanon.  (7) They will live again in God's shadow.  Thy will grow like grain.  Thy will blossom like grapevines.  (8)  …I am like a growing pine tree.  Their fruit comes from me."

Dit is wat God se woord in ons hartland moet doen:  Deutr 32:2:  "Let my teachings (the Word) come down like raindrops.  Let My words drip like dew, like gentle rain on grass, like showers on green  plants." Laat God se Woord jou hartland so bevogtig, neem in die Lewende Woord sodat jou hart 'n welbesproeide tuin kan word! (Jer 31:13) 

 

Flourishing love

Filip  :6:  "…the God who started this great work in you should keep at it and bring it to a flourishing finish on the very day Christ Jesus appears.

9  This is my prayer:  that your love will flourish and that you will not only love much but well.  Learn to love appropriately.  You need to use your head and test your feeling so that your love is sincere and intelligent , not sentimental.  Live a lover's life,  a life Jesus will be proud of:  bountiful in fruits from the soul, making Jesus Christ attractive to all, getting everyone involved in the glory and praise of God."

 

 

 

 

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment